Die week in foto’s
Switserland: Toeriste geniet die nuwe BalancAIR, ʼn reuseswaai op die Grand Chamossaire-piek bo Villars-sur-Ollon. Die swaai is deel van ʼn inisiatief om meer somertoeriste na Alpe-oorde te lok, namate sneeuval weens klimaatsverandering al hoe minder betroubaar word. (Foto: Fabrice Coffrini/AFP)
Frankryk: Brandbestryders probeer ʼn veldbrand naby Le Porge in die suidweste van Frankryk onder beheer bring. Meer as 2 000 ha het reeds afgebrand en sowat 12 000 inwoners en toeriste moes na veiligheid geneem word. (Foto: Romain Perrocheau/AFP)
Brasilië: Die lugfoto wys oorstromings langs die Taquari-rivier in Roca Sales in die staat Rio Grande do Sul. (Foto: Gustavo Ghisleni/AFP)
Frankryk: Ecuador se Richard Carapaz van die EF Education-EasyPost-span steek die wenstreep oor, nadat hy die 18de skof van die 113de Tour de France gewen het. Die 185 km-skof is tussen Voiron en Orcières-Merlette in die Franse Alpe beslis. (Foto: Loic Venance/AFP)
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.