Iran sĂȘ tyd om oorlog te beĂ«indig
Iran se president Masoud Pezeshkian het Vrydag gesĂȘ dit is tyd om die maande lange Midde-Ooste-oorlog met die VSA te beĂ«indig omdat Teheran blykbaar in ân sterker posisie as Washington is.
Iran hou die Straat van Hormoes gedeeltelik gesluit, terwyl die VSA volhou met ân teenblokkade van Iranse hawens en ekonomiese sanksies teen Iran.
âDit is beter dat ons die oorlog nou tot ân einde bring aangesien ons in ân posisie van mag en waardigheid is,â het Pezeshkian gesĂȘ.
âDie hele wĂȘreld erken ons oorwinning en beklemtoon dat Amerika ons skole, hospitale en infrastruktuur in stryd met alle regulasies aangeval het en [die VSA] word reg oor die wĂȘreld gehaat.â
Pezeshkian het ook gesĂȘ die memorandum van verstandhouding wat in Junie met die VSA ooreengekom is, beteken nie ân nederlaag vir Iran nie.
âHulle kan nie eers ân enkele klousule in hierdie ooreenkoms vind wat voorwaardelike oorgawe aandui nie. Al die verpligtinge het betrekking op die ander kant,â het hy gesĂȘ.
Iran se aansprake om in die sterker posisie te wees, het gevolg op ân aankondiging van die VSA dat dit sanksies sal opskerp om druk op die Islamitiese Republiek te verhoog.
Die Amerikaanse plan het veroordeling ontlok van Iran se ministerie van buitelandse sake, wat die VSA van âekonomiese terreurâ beskuldig het.
Scott Bessent, Amerika se minister van finansies, het vroeĂ«r die onderneming gegee dat Washington die Iranse regime met sy dreigende sanksieveldtog âin duie sal laat stortâ.
Bessent het gesĂȘ die plan om ekonomiese sanksies teen Iran op te skerp, beteken dat Washington minder geneig is om terug te keer na swaar militĂȘre operasies teen die land.
Volgens berigte in Amerikaanse media het die Amerikaanse vloot intussen geheime konvooie tenkskepe deur die suidelike sektor van die seestraat georganiseer en beskerm, wat dit moontlik maak om tussen vyf en 10 miljoen vate olie per dag uit te voer.
Pres. Donald Trump het verlede week Ć groot nuwe veldtog van stapel gestuur om Iran se ekonomie te teiken. Hy het onder meer gedreig dat enige land wat die Islamitiese Staat help of met hom sake doen, die ekonomiese gevolge daarvan sal dra.
Lees ook: Trump verklaar âekonomiese oorlogâ teen Iran
Die konflik het op 28 Februarie uitgebreek met Amerikaanse en Israeliese aanvalle op die Islamitiese Staat. Iran het in vergelding met missiel- en hommeltuigaanvalle reg oor die Golf-streek teruggekap.
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.