Formule Een: Norris bo ná Verstappen se ongeluk
Sondag se laaste Formule Een-Grand Prix op Zandvoort het op ʼn baie teleurstellende noot vir die duisende Nederlandse ondersteuners in oranje geëindig toe hul held, Max Verstappen (Red Bull), aan die einde van die eerste rondte beheer oor sy motor verloor nadat dit gegly het en hy in twee veiligheidsmure vasgegaag het.
Verstappen is nie beseer nie, maar sy ongeluk het tot ʼn rooi vlag in die Nederlandse Grand Prix gelei.
Die Grand Prix is deur Lando Norris in sy oranje McLaren gewen met Kimi Antonelli (Mercedes) tweede, gevolg deur George Russell (Mercedes), Lewis Hamilton (Ferrari), Charles Leclerc (Ferrari) en Oscar Piastri (McLaren).
Nadat die Grand Prix hervat is ná Verstappen se ongeluk, het Antonelli vir Norris verbygesteek en die voortou geneem.
Maar twee vinnige kuipestoppe om bande om te ruil, het Norris ʼn voordeel laat opbou, wat hom in staat gestel het om Antonelli vir die oorwinning verby te steek.
LANDO NORRIS WINS THE DUTCH GRAND PRIX!!! ????????#F1 #DutchGP pic.twitter.com/18IOiOs2oh
— Formula 1 (@F1) August 23, 2026
ʼn Laat virtuele veiligheidsmotor wat ontplooi is, het tot omstredenheid oor spaninstruksies by Mercedes gelei, nadat Russell, wat Saterdag se blitsren gewen het, beveel is om Antonelli verby te laat vir die tweede plek.
Dit het Russell kwesbaar vir Hamilton gelaat.
Maar Russell het, met die hulp van ʼn verdere virtuele veiligheidsmotor wat ontplooi is om rommel van die baan te verwyder, Hamilton agter hom gehou en sodoende die laaste plek op die podium ingeneem.
Antonelli kon glad nie byhou by Norris nie en die Brit het die oorwinning met 11,5 sekondes verseël.
First Kimi then Lewis…
Precision passing from Lando propelled him to the front ????#F1 #DutchGP pic.twitter.com/iIQveikrjM
— Formula 1 (@F1) August 23, 2026
Antonelli (242 punte) het sy greep op die kampioenskap-puntetabel versterk.
Hy word gevolg deur Russell (183 punte), Hamilton (183), Norris (159), Leclerc (158) en Verstappen (112).
In die vervaardigersafdeling loop Mercedes los voor met 425 punte gevolg deur Ferrari (338), McLaren (263) en Red Bull (186).
- Bykomende bron: BBC sport
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.