general234 wordsRead on Arc Codex

Lesufi oor DA se privatiseringsplanne: ‘Ons verwerp daardie manifes’

Panyaza Lesufi is niĂ© ten gunste van die DA se verkiesingsmanifes nie. Lesufi, premier van Gauteng en sameroeper van die ANC in die provinsie, het Sondag met die bekendstelling van sy party se manifes na die DA sƉ gekap. “Terwyl ons vandag hierdie manifes bekend stel, moet ons een politieke party verwerp wat verlede week hul manifes bekend gestel het,” het Lesufi aan duisende ANC-ondersteuners in Diepsloot, Johannesburg, gesĂȘ. “Hulle sĂȘ hulle wil plaaslike dienste privatiseer en dit aan private maatskappye gee. Ons sĂȘ: Nee! “Daar is geen manier dat wanneer jy Ɖ ambulans nodig het, jy eers gevra moet word of jy geld het nie. Ambulanse moet gratis wees. Klinieke moet gratis wees. Water moet gratis wees. Toegang tot dienste moet gratis wees. En niemand moet hulle privatiseer nie. “Dit is slegs die ANC wat daardie belofte kan nakom. Ons moenie toelaat dat enigiemand probeer om dienste te privatiseer nie,” het Lesufi vanaf die verhoog aangevoer. Maroela Media het vroeĂ«r berig die DA voer in sy manifes aan dat mag van die nasionale regering na munisipaliteite afgewentel moet word om inwoners beter te kan bedien. Die party wil spesifiek hĂȘ dat daar meer mag van die nasionale regering na munisipaliteite verskuif word wat polisiĂ«ring en elektrisiteitsverkryging betref. Die DA se manifes fokus ook sterk op samewerking tussen die staat en die private sektor. “Ons verwerp daardie manifes,” het Lesufi Sondag in Diepsloot gesĂȘ.

How it works

Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.

Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.