Feroz Khan in hospitaal na skietvoorval
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn intensiewe ondersoek begin ná wat hulle as ʼn sluipmoordpoging op die geskorste genl.maj. Feroz Khan bestempel.
Khan, wat veronderstel was om komende Woensdag voor die Madlanga-kommissie oor polisiekorrupsie te verskyn, is in Houghton, Johannesburg, voorgelê en op geskiet, lui ʼn nasionale polisieverklaring wat Maandagoggend uitgereik is.
Die aanval het reeds wydverspreide gissings laat ontstaan dat dit ʼn poging was om hom stil te maak.
Die skietery het in Derdelaan plaasgevind. Weens die sensitiwiteit en die verreikende implikasies van die voorval word die ondersoek gesamentlik deur die Gautengse Valke, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en die SAPD se speurdiens gelei.
Lt.genl. Puleng Dimpane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het ook opdrag gegee dat die nasionale taakspan vir politieke moorde (PKTT) onmiddellik by die ondersoek ingesluit word.
Hoewel die polisie erken dat daar intense openbare spekulasie oor die tydsberekening van die aanval is, het hulle teen ongetoetste aannames gewaarsku.
Volgens brig. Athlenda Mathe, nasionale woordvoerder van die polisie, is dit tans “voortydig en onverantwoordelik” om oor ʼn motief te spekuleer of summier te bevind dat die aanval met Khan se verskyning voor die kommissie verband hou.
Sy het beklemtoon dat speurders slegs die amptelike getuienis sal volg “waarheen dit ook al lei”.
Dimpane het die aanval ten sterkste veroordeel en die publiek verseker dat geen hulpbronne gespaar sal word om die skuldiges op te spoor nie. “Enige poging om individue wat by regsprosesse betrokke is, te intimideer, stil te maak of aan te val, word in die ernstigste lig beskou. Enige inmenging met die regspleging of die werk van die kommissie sal met die volle mag van die reg te doen kry,” het sy gesê.
Dimpane het Khan ʼn spoedige herstel toegewens en gesê haar gedagtes is in hierdie moeilike tyd by hom en sy familie.
Khan, tweede in bevel van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, is vroeër vanjaar saam met ander senior polisiebeamptes in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Edelmetale en regsverydeling.
Lees ook: Polisiehoës kry borgtog ná inhegtenisnemings
Stay tuned to @eNCA DSTV 403 for the latest on the shooting of Maj-Gen Feroz Khan.
He was shot late last night in Houghton JHB and is in hospital.@pule_jones and @Abramjee has the latest. pic.twitter.com/FCC7EnWL8s
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) June 29, 2026
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bekend gemaak dat die aanklagte uit ʼn voorval op 5 Mei 2021 spruit toe Tariq Downes, ʼn sakeman van KwaZulu-Natal,na bewering met 75,9 gram onbewerkte goud, ter waarde van ongeveer R62 836, by die OR Tambo- internasionale lughawe in Kempton Park betrap is.
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.