Leerlingrybewyse
Die skerp daling in die koers waarteen voornemende motorbestuurders hul leerlingrybewyse dop sedert die aanvang van die nuwe aanlyn toetsstelsel, dui volgens die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) daarop dat eksaminatore en aansoekers nie meer so maklik daarmee kan kul nie.
Daar is groeiende kommer oor die slaagsyfers â by sommige toetssentrum so laag as 20% âasook bewerings dat vrae in die nuwe aanlyn toetse onduidelik of onnodig ingewikkeld geformuleer is.
Die DA in die Wes-Kaap gaan vandeesweek oorsigbesoeke by lisensietoetssentrums in George en Knysna aflĂȘ nadat kandidate wat die nuwe aanlyn toets geskryf het, Ć gemiddelde slaagsyfer van slegs 17% in die 2025-â26-boekjaar behaal het.
Die provinsie se gemiddelde leerlingrybewys-slaagsyfer vir dieselfde tydperk in die vorige boekjaar was 63%.
Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, sĂȘ die laer slaagsyfer wys dat die nuwe stelsel kanse vir bedrog beperk.
âVir ons dui dit daarop dat eksaminatore en aansoekers nie meer maklik met die toets kan kul nie,â sĂȘ hy.
Die RTMC het self die data oor die daling in slaagsyfers ontleed en die inligting daarna bekend gemaak, sĂȘ hy. Die nuwe stelsel het volgens die RTMC ook gewys dat talle aansoekers nie voldoende voorbereid is wanneer hulle die toets aflĂȘ nie.
Prof. Nomafrench Mbombo, die DA se Wes-Kaapse woordvoerder vir vervoer, sal tydens die besoeke met amptenare vergader om vas te stel wat tot die swak uitslae sedert die instelling van die stelsel bydra.
Die party wil onder meer bepaal of die lae slaagsyfer verband hou met die oorgang van Ć handgeskrewe na ân aanlyn toets, of aansoekers voldoende steun ontvang en of die formulering en formaat van vrae onvoorsiene uitdagings skep.
âDie DA in die Wes-Kaap steun die oorskakeling na Ć aanlyn leerlingrybewys-toetsstelsel omdat dit die integriteit van die proses versterk en geleenthede vir bedrog verminder. Ć Slaagsyfer van slegs 17% skep egter belangrike vrae wat antwoorde verdien,â sĂȘ Mbombo.
Die DA wil vasstel of beter openbare bewusmaking, meer steun vir aansoekers en groter samewerking met bestuurskole nodig is.
âOns wil Ć stelsel hĂȘ wat terselfdertyd streng Ă©n billik is.â
RTMC ontken probleme met vrae
AfriForum Jeug het intussen Barbara Creecy, die minister van vervoer, uitgedaag om self die nuwe aanlyn toets af te lĂȘ.
Die organisasie voer aan dat die stelsel dit âskynbaar onmoontlikâ vir talle jong mense maak om Ć leerlingrybewys te bekom. Volgens AfriForum Jeug het sommige kandidate gekla dat vrae dubbelsinnig of ingewikkeld geformuleer is.
Zwane sĂȘ die RTMC het nog geen bewyse ontvang wat diĂ© bewerings staaf nie.
âOns is nie van bewyse hiervan voorsien nie. Die nuwe soort vrae word reeds vir baie jare in Ć provinsie soos KwaZulu-Natal gebruik, wat die eerste provinsie was om die aanlyn toetsstelsel in te stel. Daar was geen klagtes nie.â
Volgens Zwane word die vrae deur kundiges in die bedryf aan gehaltebeheer onderwerp. Die studiemateriaal en vraebank is ook volgens hom by die aanlyn stelsel aangepas.
Die studiemateriaal is egter nog nie in al Suid-Afrika se amptelike tale beskikbaar nie.
Zwane sĂȘ verder dat kandidate met beperkte rekenaarvaardighede nie deur die nuwe stelsel benadeel word nie. Kandidate ondergaan volgens hom oriĂ«ntering en ontvang Ć verduideliking van wat hulle kan verwag.
Die RTMC het ook geen tegniese probleme, sagtewarefoute of bedryfsuitdagings geĂŻdentifiseer wat tot die laer slaagsyfers kon bydra nie, sĂȘ Zwane.
âSwak voorbereide bestuurders is gevaarâ
Volgens Zwane is die RTMC nie net bekommerd oor bedrog en korrupsie by lisensietoetssentrums nie, maar ook oor die gevaar wat swak voorbereide bestuurders op die land se paaie inhou.
Op die vraag of die korporasie bereid sou wees om die vraebank of toetsmetode te hersien indien bevind word dat die stelsel kandidate onnodig benadeel, het Zwane gesĂȘ dit sal oorweeg word indien die RTMC van âgeldige wetenskaplike bewyseâ voorsien word.
Hanno Koster, jeugleier van AfriForum Jeug, sĂȘ die organisasie steun maatreĂ«ls om korrupsie te bekamp, maar waarsku dat die toets kandidate se kennis van verkeersreĂ«ls moet meet en nie hul vermoĂ« om ingewikkelde vrae te vertolk nie.
âDie stelsel moet egter steeds toesien dat Ć kandidaat se kennis van die verkeersreĂ«ls werklik getoets word, eerder as om hul vermoĂ« te toets om Ć ingewikkelde of dubbelsinnige vraag te interpreteer,â sĂȘ Koster.
Die DA se bevindings nĂĄ sy besoeke aan George en Knysna sal gebruik word in verdere gesprekke met die Wes-Kaapse departement van vervoer en die provinsiale staande komitee oor vervoer.
- Maroela Media het die kantoor van Barbara Creecy, die minister van vervoer, vir kommentaar genader en terugvoer sal bygewerk word.
Nee hulle wil 30% slaag syfer hĂȘ.
Laat mense eers hulle kode 8 lisensie kry en dan kode 10, ek weet van mense wat net vir kode 10 gaan en nie eers kan bestuur nie, dis gekoop verseker
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.