Toyota herroep meer as 2 000 Urban Cruisers
Meer as 2 000 Toyota Urban Cruiser-voertuie word herroep nadat ʼn vervaardigingsfout ontdek is wat kan veroorsaak dat die brandstofmeter meer brandstof aandui as wat werklik in die tenk is. In sommige gevalle kan die voertuig selfs sonder waarskuwing gaan staan omdat die laebrandstofwaarskuwing moontlik nie aanskakel nie.
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) sĂŞ die herroeping raak Toyota Urban Cruiser-voertuie wat tussen 17 Januarie en 3 Junie 2025 deur Toyota South Africa Motors se handelaarnetwerk landswyd beskikbaar gestel is.
Altesaam 2 208 voertuie word deur die herroeping geraak. Hiervan is 2 015 in Suid-Afrika verkoop, terwyl die oorblywende 193 voertuie na buurlande uitgevoer is. Dit sluit 14 voertuie na Eswatini, 23 na Botswana, vyf na Lesotho en 151 na Namibië in.
Volgens die NVK het die probleem tydens die vervaardiging van die voertuig se instrumentepaneel ontstaan. Die verkeerde korreksiewaarde kon in die geheue van die brandstofmeter gestoor gewees het, wat veroorsaak dat die meter meer brandstof aandui as wat werklik in die tenk is.
“Die bestuurder kan gevolglik nie betyds besef dat die voertuig feitlik sonder brandstof is nie. Die laebrandstofwaarskuwing kan moontlik ook nie aanskakel soos die brandstofvlak daal nie, wat kan veroorsaak dat die voertuig sonder brandstof raak. Die enjin kan dan gaan staan en daarna nie weer aanskakel nie,” waarsku die kommissie.
Die NVK doen ʼn beroep op eienaars van die betrokke voertuie om dit na hul naaste gemagtigde Toyota-handelaar te neem vir ʼn inspeksie van die brandstofmeter.
Enige regstellende werk wat nodig is, sal gratis uitgevoer word.
Verbruikers wat navrae oor die herroeping het, kan die NVK by [email protected] kontak.
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.