general360 wordsRead on Arc Codex

Resep

ʼn Delikate, pragtige nagereg ideaal vir spesiale geleenthede waar jy jou gaste wil beïndruk. Bestanddele Wortelkoektertdop - 500 g wortelkoekmengsel - 1 eier - 60-80 g botter, gesmelt - 2-4 e melk Metode - Verhit die oond tot 180 °C. - Meng die wortelkoekmengsel, eier en gesmelte botter. - Voeg die melk geleidelik by totdat ʼn sagte deeg vorm (nie loperig nie). - Druk in éclair-vorms of vorm met die hand. - Druk liggies met ʼn vurk. - Bak vir 15-20 minute tot goudbruin en gestol. - Laat heeltemal afkoel. Vrugtesmeer - 1 blikkie gemengde vrugte (fruit cocktail), gedreineer - 2 e suurlemoensap - 2-3 e suiker - 1-2 e mielieblom - 2 eiergele - 1 e botter Metode - Meng die helfte van die vrugte tot ʼn puree. - Kap die res van die vrugte fyn (as jy ʼn gladder smeer wil hê, meng dit ook. - Meng die puree, suiker, suurlemoensap en mielieblom in ʼn kastrol. - Kook oor medium hitte en roer aanhoudend totdat dit verdik. - Temper en voeg die eiergele by. - Kook tot glansend en soortgelyk aan vla. - Verwyder van die hitte, roer die botter en gekapte vrugte by. - Laat heeltemal afkoel. Voeg dit op die tertdop. Vla-roomkaas - 180 g botter, saggemaak - 110 g roomkaas, kamertemperatuur - 250 g versiersuiker, gesif - 20 ml vanielje-essens - 50 g vlapoeier Metode - Klits die botter en roomkaas tot glad en donsig. - Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits goed. - Voeg die vanielje-essens en vlapoeier by. - Klits tot lig, glad en spuitbaar. Spuit op die tertdop en vrugtesmeer. Jelliebolaag - 1 pakkie gegeurde jellie - 250 ml kookwater - 125 ml koue water Metode - Los die jelliepoeier in kookwater op. - Roer koue water by. - Gooi ʼn dun lagie jellie in ʼn pan. Laat dit stol en sny die lang vorm uit. - Plaas dit versigtig oor die vla-roomkaaslaag. Bron: Zandeleen Thygesen van Maroela Media - Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier. Die resepteboek kan ook by The Book Keeper Shop in Lynnwood en De Afrikander Handelshuis in Pretoria gekoop word.

How it works

Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.

Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.