Amanda Strydom vier mylpaalverjaardag in haar âeie kooiâ
Een van Amanda Strydom se verjaarsdagwense het klaarblyklik vanjaar waar geword; nĂĄ byna drie weke in die hospitaal het sy die kersies vir haar 70ste verjaardag in haar âeie kooiâ uitgeblaas.
Strydom het vroeër op sosiale media gedeel dat sy in die hospitaal is nadat sy op 3 Julie beseer is toe sy by die InniBos-kunstefees geval het.
Die geliefde aktrise en sangeres het gevolglik Ć operasie aan haar linkerheup ondergaan en deurlopend gedeel dat haar herstelproses na wense gevorder het. Sy sou egter graag âtuis in haar eie nesâ versorg wou word.
âDie groot operasie op my linkerheup was Ć reusesukses, die twee daaglikse sessies met terapeute om weer te leer loop (vir nou eers met Ć loopraam) is uitmergelend, maar ek vorder fluks. Ek sal huis toe kan gaan sodra ek meer mobiel is. Ek mis ons huis, my eie bed en my Tony, hy kom elke dag hospitaal toe,â het Strydom op 20 Julie geskryf.
Sy is twee dae later ontslaan en sterk nou aan by haar en haar man se huis in Westdene, Johannesburg.
âDis heerlik om tuis te wees en in my eie kooi te verjaar!â het sy Donderdag op Facebook, met Ć foto van haar in die bed saam met goue ballonne, gedeel.
Strydom se nuwe produksie, Sewentig, nog lewendig, maak later vanjaar sy buiging op die Toyota Stellenbosch Woordfees.
Vanweë haar besering is optredes vir haar en Binnelanders-aktrise Je-ani Swiegelaar se Kanna-bekroonde vertoning Tillie/Mathilda op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein egter gekanselleer.
Strydom het in Ć stemboodskap aan Maroela Media gesĂȘ dat sy dankbaar is om tuis te wees, maar dat daar âbaie harde werkâ vir haar voorlĂȘ wat fisioterapie betref.
âEk sterk baie stadig maar seker aan. Dit raak elke dag Ć bietjie beter, maar hulle het my gewaarsku dat ek sommige dae baie moeĂ«r as ander sal voel â wat waar is. Ek leef verder in dankbaarheid dat ek aan die beweeg kan bly want dit is al hoe ons hierdie ou heup en been gaan regkry.â
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.