general556 wordsRead on Arc Codex

Silwerskermfees

Die room van die Afrikaanse fliekbedryf word binnekort vereer vir hul bydrae tot die kykspyskaart van kykNET se jaarlikse Silwerskermfees in Kampsbaai. Onder die 10 kortflieks is dit Twee persent met sy ouwêreldse sjarme, die intieme drama Genoeg en Wag ʼn bietjie met ʼn goeie skeut donker humor wat voorloop met onderskeidelik ses, vyf en vier benoemings. Onder die vyf kort dokumentêre prente neem Pappa Kitsch en Die grond onthou die voortou met drie benoemings elk. Met net drie speelflieks wat in die kompetisie meegeding het, is daar in die meeste kategorieë nie benoemings bekend gemaak nie, met slegs wenners wat aangewys is. In die kategorieë vir die beste akteur en aktrise en beste vroulike byspeler is finaliste aangewys, terwyl dié vir beste manlike byspeler vanjaar wegval. Die meerderheid van die pryse word Saterdagoggend by ʼn geleentheid in The Bay Hotel in Kampsbaai oorhandig, terwyl die wenners van die kategorieë beste rolprent, beste aktrise en akteur en beste vroulike byspeler Saterdagaand saam met die wenners van die TV-kategorieë by ʼn glansryke galageleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aangekondig sal word. Die benoemdes in die verskeie kategorieë is as volg: Kortflieks Beste draaiboek in ʼn kortfliek (slegs opkomende rolprentmakers kom in aanmerking) Frances Sholto-Douglas – Change Michelle le Roux – Twee persent Peter-John Titus – Verwerking Roberto Kyle – Genoeg Beste regie in ʼn kortfliek (slegs opkomende rolprentmakers kom in aanmerking) Hennie van Deventer – Short Back & Sides Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent Roberto Kyle – Genoeg Beste kortfliek deur ʼn opkomende fliekmaker Genoeg Twee persent Verwerking Beste kortfliek deur ʼn gevestigde fliekmaker ’n Poppy op die heuwel Wag ʼn bietjie Beste akteur in ʼn kortfliek (alle akteurs kom in aanmerking) Albert Pretorius – Twee persent Ayden Croy – Genoeg Danny Ross – Wag ʼn bietjie Zane Meas – Genoeg Beste aktrise in ʼn kortfliek (alle aktrises kom in aanmerking) Anoecha Krüger – As ek kon kies Beáta Bena – As ek kon kies Cintaine Schutte – Trilstraat Lauren Joseph – ʼn Poppy op die heuwel Beste kinematografie in ʼn kortfliek (alle kortflieks kom in aanmerking) Gray Kotzé – ʼn Poppy op die heuwel Jason Haji-Joannou – Wag ʼn bietjie Michael Ellis – Twee persent Beste redigering in ʼn kortfliek (alle kortfliek kom in aanmerking) Canya Cruywagen – Change Gideon Breytenbach – Wag ʼn bietjie Heinrich Laubscher – Twee persent Dokumentêre rolprente Beste redigering in ʼn kort dokumentêr Adam Heyns, Juniper Hammond en Luke Housdon – Pappa Kitsch Anlerie Cilliers – Rooi van aard Roxanne Dalton – Die grond onthou Beste regie in ʼn kort dokumentêr Adam Heyns en Stefanus Nel – Pappa Kitsch Mia Cilliers – Die grond onthou Pierre Malan – Die gees agter die spiere Beste kort dokumentêr Die gees agter die spiere Die grond onthou Pappa Kitsch Speelfilms Beste vroulike byspeler in ʼn speelfilm Dhania Schultz – Landmyn June van Merch – Al wat ek weet Nicole Holm – Landmyn Beste akteur in ʼn speelfilm Beer Adriaanse – Silas en die Ysbeer op Tafelberg Ben Albertyn – Landmyn Jonan Mouton – Al wat ek weet Beste aktrise in ʼn speelfilm Anna-Mart van der Merwe – Landmyn Carla Smith – Landmyn Zenobia Kloppers – Al wat ek weet - Die kykNET Silwerskermtoekennings vir film en televisie word op Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

How it works

Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.

Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.