tech_surveillance323 wordsRead on Arc Codex

Kuberkrakers eis R1,7 miljoen by StatsSA

’n Kubermisdaadgroep het een van Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) se databasisse geïnfiltreer en 154 GB se data gesteel. Altesaam 453 362 datalêers is gesteel. Die kubermisdaadgroep genaamd XP95 eis nou ’n losprys van $100 000 (oftewel R1,7 miljoen) by StatsSA óf die gesteelde data word aan die publiek uitgelek. Die instelling het glo tot 20 April om die betaling te maak. StatsSA is egter nie van plan om die losprys te betaal nie. Semakaleng Thulare, waarnemende adjunk-direkteur-generaal van statistiese ondersteuning en informatika by die instelling, het Maandag aan Maroela Media gesê StatsSA word deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gereguleer. “Ons word dus deur wetgewing beperk om byvoorbeeld ʼn losprys te betaal.” StatsSA is wel bewus van ’n kuberveiligheidsbreuk, het Thulare Maandag bevestig. Volgens Thulare is slegs een databasis – die agentskap se menslikehulpbrondatabasis – geraak deur die kuberveiligheidsbreuk. “Die stelsel wat geïnfiltreer is, was uitsluitlik die menslikehulpbronstelsel wat beskikbaar is vir werksoekers om aanlyn aansoek te doen,” het Thulare verduidelik. “Die nasionale statistiekkantoor is deel van ’n breër regeringsreaksie op sake wat verband hou met kuberveiligheidsbreuke.” Thulare sê StatsSA sal dus die inligtingsreguleerder in kennis stel en deur hul prosesse gelei word. Dit is die tweede keer vandeesmaand dat die XP95-kubermisdaadgroep ’n staatsentiteit teiken. Die groep het ook vroeër die maand die provinsiale regering van Gauteng se stelsels geïnfiltreer. Die groep het toe 3,8 TB van mense se persoonlike data op die provinsiale regering se bedieners gesteel en teen R400 000 te koop aangebied. VECERT Analyzer, ’n platform vir intelligensie van kuberbedreigings, sê egter die jongste aanval kompromitteer die integriteit van die land se sentrale databasis van sensus-, ekonomiese en sosiale aanwysers. ???? Data Theft at Statistics South Africa (Stats SA) ???????????? Analyzer has detected a new mass extortion operation carried out by the XP95 actor, this time targeting Statistics South Africa, the country's national statistics agency. The attack compromises the integrity of the… pic.twitter.com/vIVAtbWMiU — VECERT Analyzer (@VECERTRadar) March 29, 2026

How it works

Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.

Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.