Hof hoor beweerde huurmoordplan: âOukei as honde ook geskiet wordâ
Anelle de Bruin het glo in Ć rits oproepe en boodskappe presiese instruksies gegee oor hoe haar man vermoor moet word sodat dit soos Ć plaasaanval lyk en glo ook gesĂȘ âdis oukei as die honde ook geskiet wordâ.
âWant dan lyk dit soos Ć plaasmoord,â word haar stem half fluisterend gehoor in Ć video wat Maandag as bewysstuk in die Maletswai-streekhof in die Oos-Kaap gewys is.
In dieselfde opname sĂȘ De Bruin wat daarvan aangekla word dat sy saamgesweer het om haar man te laat vermoor, sy âgee nie om vir die bloed nie, dis fineâ.
âMy man sal op die bed lĂȘ. Skiet hom deur die venster in die kop. Ek gee nie om vir die bloed nie,â lui haar beweerde instruksie aan Petrus Johannes van Schalkwyk.
Volgens die staat verwys sy na die huurmoordenaar wat Van Schalkwyk namens haar moes reël.
Video wys beweerde beplanning
Van Schalkwyk het die video van etlike minute gemaak. Dit is later aan die polisie oorhandig.
Hy was die staat se eerste getuie en het onder die beskerming van art. 204 van die Strafproseswet getuig. Van Schalkwyk is gevolglik toegelaat om self-inkriminerende getuienis te lewer, maar kan steeds vervolg word indien die hof sy getuienis verwerp.
Volgens die klagstaat het De Bruin hom opdrag gegee om haar man, Johan de Bruin, Ć bekende boer in die omgewing, te vermoor.
In die opname verduidelik De Bruin wanneer Johan gaan slaap en wys sy na Ć skuifdeur waar daar volgens haar nie kameras is nie.
âAan ons kant van die kamer is daar Ć skuifdeur en geen kameras nie. Wat ek gedink het, is as hy skiet en daar is bloed, is dit fine want ons sal in die huis wees.â
Sy sĂȘ verder die kameras voor die huis sal wys sy het âiets gehoorâ en hulp ontbied.
âAl moet hy die honde skiet, dan lyk dit soos Ć plaasmoord. Dis oukei.â
Volgens die opname verduidelik De Bruin ook dat indien Johan iets opmerk, dit hom Ć ruk gaan neem om sy vuurwapen uit die kluis te haal. Sy sĂȘ in die video die skieter kan sommer deur die traliehek skiet, maar moet binne Ć halfuur verdwyn omdat âdit is wanneer die eerste hulp sal begin opdaagâ.
Byna aan die einde van die video sĂȘ De Bruin glo ook dat enigeen wat in die pad staan, geskiet moet word.
âEk het polisie genaderâ
Van Schalkwyk het getuig hy en De Bruin was goeie vriende en wou saam Ć onderneming begin wat natuurlike kruiemedisyne verkoop.
Hy sĂȘ De Bruin het hom op 4 Januarie 2025 ontsteld gebel nĂĄ Ć voorval tussen haar en haar man. Dis onduidelik wat die voorval behels het. Volgens hom het dit tydens diĂ© gesprek duidelik geword dat De Bruin âhaar man fisiek wou laat uithaalâ.
âSy het verduidelik sy is moeg vir haar man en sy het my ook vertel daar was Ć vorige geleentheid toe sy hom vergiftig het, maar sleg gevoel en die ambulans gebel het.â
Hy sĂȘ hy het aanvanklik gehoop sy was net emosioneel en sou van plan verander.
âMaar sy het aangehou om my te kontak ⊠dit het duidelik geword sy is vasbeslote om haar man uit te haal.â
Volgens Van Schalkwyk het hy self besluit om na die polisie te gaan.
âAs Anelle nie van my gebruik maak nie, gaan sy van iemand anders gebruik maak of dalk haar man vergiftig soos sy reeds laat blyk het.â
Hy het verder getuig De Bruin het reeds R4 400 as Ć âafbetalingsdepositoâ in sy private bankrekening inbetaal.
âOns het nooit spesifiek gepraat oor hoeveel die hele ding sou kos nie. Sy het gesĂȘ sy het nie nou geld nie, maar ons sal oor geld praat uit die boedel as haar man dood is.â
Volgens hom het hulle daarna by De Bruin se gastehuis op Lady Grey ontmoet waar die besonderhede bespreek is.
Hy het die gesprek op 8 Januarie op video opgeneem en dit aan die polisie oorhandig. Die volgende dag het hy gehoor De Bruin is in hegtenis geneem.
Verdediging bevraagteken video
Nog voordat Van Schalkwyk begin getuig het, het dit aan die lig gekom dat hy niĂ© Ć polisieagent is nie, soos vroeĂ«r berig is.
De Bruin se regspan het vroeĂ«r by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aansoek gedoen om toegang tot die volledige polisiedossier en wou onder meer weet of die direkteur van openbare vervolgings Ć geheime operasie ingevolge art. 252A van die Strafproseswet gemagtig het.
Anele Magibile, die staatsaanklaer, het die hof meegedeel die aansoek is van die hand gewys en dat geen sodanige operasie gemagtig is nie.
Adv. Alan Simpson, vir De Bruin, het ook kapsie gemaak teen die video se toelating en aangevoer die staat sal nog moet bewys dat daar nie aan die opname gepeuter is nie.
âDit sal my kliĂ«nt se weergawe wees dat Ć klassieke lokvalsituasie daarin gesien kan word ontvou.â De Bruin se weergawe sal wees dat die video op instruksie van die polisie opgeneem is en daarom op uitlokking neerkom.
Die video is voorlopig as bewysstuk toegelaat.
Die verhoor duur voort.
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.