science_health379 wordsRead on Arc Codex

Drie vas wat taxibestuurder, passasiers glo aanhou, beroof

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn taxibestuurder en sy passasiers na bewering op die N8 tussen Botshabelo en Thaba Nchu in die Vrystaat afgepers is. Volgens die polisie het die voorval op 25 Junie plaasgevind toe die bestuurder 15 passasiers, onder wie bejaardes en kinders, van Botshabelo na Durban vervoer het. ʼn Toyota Hilux met ʼn Vrystaatse registrasienommer het die Toyota Quantum glo teen ʼn hoë spoed verbygesteek voordat dit roekeloos voor die taxi stilgehou het en die bestuurder gedwing het om stil te hou. Drie mans het uit die bakkie geklim en die taxibestuurder gekonfronteer. Hulle wou volgens die polisie weet wie hom gemagtig het om op “hul roete” te ry. Hoewel die bestuurder sy geldige permit vir langafstandvervoer getoon het, het die verdagtes glo al die passasiers in die ysige nag uit die voertuig laat klim. Toe die bestuurder verduidelik dat hy nie kontant het om aan hul eise te voldoen nie, het een van die verdagtes na bewering begin om die passasiers se bagasie uit die sleepwa te laai. Uit vrees vir hul veiligheid in die koue het die passasiers hul geld bymekaargemaak. Altesaam R2 500 is ingesamel en aan die bestuurder oorhandig, wat dit volgens die polisie as losprys aan die verdagtes betaal het. Die slagoffers is daarna toegelaat om hul reis voort te sit. ʼn Saak van afpersing is op 1 Julie by die Selosesha-polisiestasie aangemeld. Lede van die Mangaung-metro is Maandag ontbied om die verdagtes op te spoor. Ná hul ondersoekwerk is die drie verdagtes op verskillende plekke in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Thaba Nchu verskyn. Lt.genl. Thabang Lesia, polisiekommissaris in die Vrystaat, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Afpersing en die intimidasie sal nie geduld word nie. Om weerlose burgers, insluitend bejaardes en jong kinders, in die ysige koue uit ʼn voertuig te dwing om ʼn losprys af te dwing is harteloos en onwettig.” Hy het ook die lede van die Mangaung-metro geloof omdat hulle hul rusdae opgeoffer het om die verdagtes op te spoor. “Hul toewyding stuur ʼn duidelike boodskap: Die reg sal diegene inhaal wat onwettige sindikate op ons paaie probeer bedryf.” Siestog en ons moet dit nou glo. hulle gaan borg kry en nooit weer van die saak hoor nie.

How it works

Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.

Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.