Cameron: âFani moet in hegtenis geneem wordâ
Ian Cameron, voorsitter van die parlementĂȘre portefeuljekomitee oor polisie, sĂȘ lt.genl. Molefe Fani moet in hegtenis geneem word en genl.maj. Feroz Khan onmiddellik geskors word te midde van ernstige bewerings wat voor die Madlanga-kommissie aan die lig gekom het.
Cameron het Vrydag gesĂȘ die jongste getuienis voor die kommissie onthul ân diepgewortelde verkrygingsnetwerk binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Volgens hom laat die getuienis ernstige vrae ontstaan oor Fani se rol, sy verhoudings en of sy skuif van voorsieningskettingbestuur by die nasionale tesourie na voorsieningskettingbestuur by die SAPD bloot toevallig was.
Hy meen die moontlikheid moet ondersoek word dat Fani doelbewus in ân posisie geplaas is waar verkrygingsbesluite beĂŻnvloed kon word.
âDit kan nie as net nog ân interne aangeleentheid hanteer word nie,â het Cameron gesĂȘ.
Fani, die polisie se afdelingskommissaris vir voorsieningskettingbestuur, het onlangs kennis gekry dat die polisie hom moontlik wil skors. Maroela Media het vroeër berig die stap volg op bevindings deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) wat glo gemaak is toe Fani as waarnemende uitvoerende beampte oor verkryging van die nasionale tesourie gedien het. Die bevinding hou glo verband met kontrakte wat onreëlmatig toegeken is sonder die nodige nakoming of nagaan van agtergrond.
Fani het ook verlede jaar voor die parlement se ad hoc-komitee getuig oor ân R360 miljoen-kontrak wat aan die sakeman Vusimuzi âCatâ Matlala se maatskappy, Medicare 24 Tshwane, toegeken is om mediese dienste aan die polisie te lewer. Maroela Media het vroeĂ«r berig Fani het destyds getuig dat die kontrak nie aan Matlala toegeken moes gewees het nie en dat hy nie gesoek het na ân manier om die toekenning te regverdig nie.
Die tender is intussen deur Deon Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, gekanselleer nadat ernstige bewerings van bedrog aan die lig gekom het.
Cameron sĂȘ Fani behoort nou in hegtenis geneem en voor ân hof gebring te word, sodat die getuienis behoorlik getoets kan word.
âSuid-Afrikaners kan nie verwag word om te aanvaar dat ân senior polisiebeampte in die middel van ân R360 miljoen-tenderskandaal kan staan, maar dat die saak bloot deur stadige interne prosesse hanteer word terwyl openbare vertroue in die polisie verder verbrokkel nie,â het hy gesĂȘ.
Cameron sĂȘ Khan moet ook onmiddellik geskors word hangende ân volledige ondersoek.
Khan, die voormalige tweede in bevel van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, is reeds vroeĂ«r saam met ander senior polisiebeamptes in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Edelmetale en regsverydeling. Hy, genl.maj. Ebrahim Kadwa, provinsiale hoof van die Valke in Gauteng, en Tariq Downes, ân sakeman van KwaZulu-Natal, is later op borgtog van R20 000 elk vrygelaat.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het vroeĂ«r gesĂȘ diĂ© aanklagte spruit uit ân voorval op 5 Mei 2021 toe Downes na bewering met 75,9 gram onverwerkte goud, ter waarde van sowat R62 836, by die OR Tambo- internasionale lughawe betrap is. Volgens die staat het Khan en Kadwa glo beamptes opdrag gegee om Downes vry te laat, ten spyte daarvan dat daar geen ondersteunende dokumentasie vir so ân geheime operasie was nie.
Khan is die afgelope week ook in Houghton, Johannesburg, gewond in wat die polisie as ân sluipmoordpoging ondersoek. Hy sou kort daarna voor die Madlanga-kommissie getuig. Sy regspan het aan die kommissie gesĂȘ hy is in ân kritieke toestand in die hospitaal en nie in staat om te getuig nie.
Volgens adv. Zubair Khan, ân lid van sy regspan, was Khan reeds voor die skietvoorval bekommerd oor sy veiligheid en het hy glo ân ongemerkte voertuig opgemerk wat hom vanaf Sandton gevolg het. Die polisie het egter gewaarsku teen ongegronde bespiegeling oor die tydsberekening van die aanval.
Volgens Cameron behoort geen senior beampte wat moontlik met sulke netwerke verbind word, in ân posisie te bly waar hy getuies, dokumente, ondersoeke, rapporteringslyne of operasionele besluite kan beĂŻnvloed nie.
âDie polisiediens kan nie openbare vertroue herbou terwyl ernstige bewerings oor senior amptenare hang wat steeds naby aan mag bly nie.â
Cameron sĂȘ die saak gaan nie meer net oor een tender nie, maar oor die vraag of georganiseerde misdaadnetwerke daarin kon slaag om verkryging, intelligensie en senior polisiestrukture te kaap.
Hy meen dit het gebeur terwyl gewone Suid-Afrikaners steeds blootgestel is aan moord, afpersing, bendegeweld en ander geweldsmisdaad.
Cameron het ook verwys na sy vroeĂ«re opmerking âhulle skepâ, wat hy tydens die parlement se ad hoc-komitee aan Fani gerig het.
âDit was nie bedoel as ân trefsin nie. NĂĄ vandag se getuienis lyk dit al hoe meer na ân stelsel.â
Volgens Cameron moet daar nou inhegtenisnemings, skorsings en vervolgings wees.
âDaar moet volle aanspreeklikheid wees vir elke amptenaar wat gehelp het om geld wat vir openbare veiligheid bedoel was, in private verryking te omskep.â
Todayâs testimony before the Madlanga Commission lays bare the rot that runs straight to the top of the SAPS, confirming what the Democratic Alliance has warned South Africans about for the past two years: corruption within the South African Police Serviceâs procurement⊠pic.twitter.com/f3OYAo2CnD
â Ian Cameron (@IanCameron23) July 3, 2026
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.