general181 wordsRead on Arc Codex

Gedig: ‘As hoop jou dra’

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Om dié biblioteek van meer as 22 000 gedigte in 11 van ons landstale te besigtig, klik hier. As hoop jou dra Kelly Maasdorp Hoop het jou gedra, pa, deur die jare, die droogte, deur plant en oes, deur die bank se skuld, debiet en krediet, gebalanseer, en daardie laaste jaar, onthou pa, toe die reën soos heling oor die aarde val, daai lente was immergroen in ons geheues vasgelê, die oes wat vir die eerste keer in jare ʼn wins vir ons kon bring, skuld gedelg en ʼn stukkie oor vir vyf heel dae teen die see, min sou ons weet, daardie kersfees was so vêr as wat hoop vir pa sou dra. - Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron, versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

How it works

Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.

Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.