general371 wordsRead on Arc Codex

‘God doen iets besonders met SA vroue’

“God is besig om iets besonders in die harte van Suid-Afrikaanse vroue te doen.” Dit is die boodskap waarmee Ilse Strauss, direkteur van internasionale ontwikkeling by Bridges for Peace in Israel, vroue by Ɖ onlangse damesoggend in Durbanville in die Wes-Kaap bemoedig het. Strauss, wat al byna Ɖ dekade in Israel woon en werk en haar beywer om die brug tussen Jode en Christene te versterk, was die gasspreker by die geleentheid met die tema “Die Bruid”. Die geleentheid is in samewerking met Maroela Media en Radio Tygerberg aangebied en het vroue genooi om opnuut te ontdek wat dit beteken om deur God gekies, geliefd en voorberei te word. Sy en haar man, Henry, reĂ«l ook toere onder die naam “Israel in Afrikaans”. Hier neem hulle groepe na ikoniese plekke soos die See van Galilea en die woestyn waarin die Israeliete rondgetrek het. Strauss, wat onlangs ook as gasspreker by Ɖ Maroela Media-lesersontbyt in Pretoria gesels het, sĂȘ sy ervaar dat al hoe meer vroue “opreg na God soek”. Lees ook: ‘Ons bly, al gaan sirenes af’ – geloof hou hulle in Israel “Ek voel dat die Vader besig is om met en deur vroue te werk. Hy trek mense na sy hart toe, en dit is vir my Ɖ teken dat Hy besig is om iets fantasties met Suid-Afrikaanse vroue te doen. Ons is op soek na God, en Hy belowe dat as ons Hom soek, sal ons Hom vind.” Strauss het vroue ook aangemoedig om nie moed te verloor wanneer moeilike tye aanbreek nie. “Ons almal kry swaar, maar ons is nie altyd eerlik daaroor nie. Swaar is nie noodwendig Ɖ teken dat jy iets verkeerd doen nie. Dit is dikwels juis wanneer die vyand teen ons werk. Trotseer die swaar – die Bruidegom kom.” Volgens haar lĂȘ geestelike groei dikwels in eenvoudige, daaglikse keuses. “Jy word honger vir dit wat jy elke dag eet. Kies om elke dag tyd saam met die Here deur te bring. Dit voel dalk soos klein druppels in die oseaan, maar mettertyd maak dit Ɖ groot verskil.” Rouchelle Liedemann, Ɖ sanger en omroeper by Radio Tygerberg, het die oggend se lofsang gelei. Gaste het ook saam geregte geniet wat deur Israel geĂŻnspireer is.

How it works

Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.

Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.