ActionSA verkla Tony Leon by Openbare Beskermer
ActionSA het Donderdag Ć klag teen Tony Leon, voorsitter van Resolve Communications, Ć spesialis-openbare betrekkinge- maatskappy, by die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) ingedien.
DiĂ© klag volg nadat John Steenhuisen in Ć onderhoud met News24 verskeie uitlatings gemaak en onder meer gesĂȘ het dat Leon hom ook voorheen âmeedoĂ«nloosâ met negatiewe publisiteit oor die bek-en-klouseer-uitbreking bestook het.
Steenhuisen het in die onderhoud ook uitlatings oor Geordin Hill-Lewis, die nuwe federale leier van die DA, gemaak nĂĄ Hill-Lewis se besluit om Steenhuisen as minister van landbou te vervang.
ActionSA eis onder meer dat die OB Ć amptelike ondersoek doen na Resolve Communications en sy bande met ministers wat in die regering van nasionale eenheid (RNE) dien, asook enige verwante besluite of aksies wat deur daardie ministers geneem is.
Michael Beaumont, die nasionale voorsitter van ActionSA, sĂȘ van die bewerings sluit in dat Resolve Communications druk op ministers geplaas het, âsoos nou in die openbaar bevestig is deur Steenhuisenâ.
Beaumont sĂȘ van die begin af het Leon en Hill-Lewis diĂ© bewerings opsy geskuif en die aktiwiteite as invloedwerwing beskou.
âHulle sing uit dieselfde gesangeboek omdat dit Leon se politieke invloed in die DA is wat veral op DA-regeringsverteenwoordigers toegepas word.â
Volgens Beaumont sou dit nie Resolve Communications se eerste poging tot agterkamertransaksies wees nie.
âSoos beskryf in The Accidental Mayor [Beaumont se boek van 2020] het Leon probeer om Ć kontrak van R300 miljoen vir een van sy kliĂ«nte te fasiliteer tydens Ć vergadering met Herman Mashaba, die destydse burgemeester van Johannesburg. Leon is die deur gewys en Mashaba het Ć klag by die party ingedien, net om Leon as voorsitter van die hersieningspaneel van Mashaba se regering aan te tref wat die weg gebaan het vir Mashaba se uitsetting.â
ActionSA sĂȘ die party sal ook vrae aan die DA-ministers en adjunkministers voorlĂȘ oor hul betrokkenheid by Resolve Communications en eis dat die minister van kommunikasie sowel as Resolve Communications voor die toepaslike parlementĂȘre komitee verskyn om vrae oor hul optrede te beantwoord.
Maroela Media het vroeër berig Leon het dit Dinsdag duidelik gemaak dat sy maatskappy nie aan enige ministers of amptenare voorgeskryf het watter besluite hulle moet neem nie.
âOns skryf nie aan ministers of amptenare voor watter besluite hulle moet neem nie en ons kan ook nie. Ons het dit nog nooit probeer doen nie. Waar ons namens Ć kliĂ«nt Ć vergadering aangevra het en daardie versoek van die hand gewys is, het ons die besluit sonder beswaar gerespekteer,â sĂȘ Leon.
âResolve het ten alle tye wettig, deursigtig en in ooreenstemming met die erkende standaarde van ons beroep opgetree. Ons verteenwoordig wettige, wetsgehoorsame besighede â ondernemings wat in hierdie land belĂȘ, werk skep en tot die groei daarvan bydra. Ons help hulle om openlik en op grond van die meriete van hul saak met die regering te skakel.â
Leon sĂȘ Ć versoek wat openlik gerig en vrywillig van die hand gewys word, is nie korrupsie nie.
Hy maak dit ook duidelik dat hy nie naĂŻef is oor hoekom hierdie voorval gebeur het nie.
Het JS sy nuwe politieke tuiste gevind, of hou hy ân agterdeur oop indien die DA hom nie meer wil hĂȘ nie?
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.