Stormweer in Wes-Kaap: Passasier dood nĂĄ boom op motor val
Erge stormweer het Maandag wydverspreide skade, oorstromings en kragonderbrekings in dele van die Wes-Kaap veroorsaak, terwyl owerhede inwoners waarsku om onnodige reis te vermy en uiters versigtig te wees.
Volgens Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, is talle bome en kraglyne in die Kaapse metro omgewaai, terwyl verskeie gebiede met oorstromings te kampe het.
âVerskeie stadsdienste van parke, energie en stormwater reageer sistematies op al die voorvalle. Baie probleme is reeds opgeklaar,â het Hill-Lewis gesĂȘ.
Hy het inwoners versoek om nuwe gevaarlike situasies aan die stad se noodnommer te rapporteer en vir geduld en samewerking gevra terwyl spanne in die storm werk.
Verskeie paaie in Kaapstad is onder water, terwyl ontwortelde bome ook verkeer ontwrig. Owerhede het onder meer gewaarsku oor gevaarlike toestande by die M5-brug in Wynberg.
Ć Tragiese voorval het Maandagoggend in Tennantweg in Kenilworth afgespeel toe Ć boom op Ć voertuig geval het. Volgens Mikhail Manuel, DA-raadslid, het nooddienswerkers, die polisie, wetstoepassers en die stad se parkespan vinnig by die toneel opgedaag.
âDie bestuurder van die voertuig is ongedeerd, maar is vir ondersoeke hospitaal toe geneem. Die passasier, ân vrou, is in die voorval dood,â sĂȘ Manuel.
Tennantweg tussen Oaklaan en Toleniweg is intussen deur die polisie afgesper, terwyl ondersoekbeamptes die toneel verwerk en stadswerkers puin verwyder.
âDie voorval sal volledig ondersoek word. Ons innige meegevoel gaan aan die passasier se geliefdes,â het Manuel gesĂȘ.
By Boulders Penguin Colony is die Forest Link-wandelpad tydelik vir toeriste gesluit, nadat bome en takke deur die gure weer omgewaai is. SANParke het gesĂȘ spanne sal ontplooi word om die gebied te beveilig.
In die Overstrand-gebied is munisipale en rampbestuurspanne besig om puin en versperrings in dorpe op te ruim. Volgens die munisipale bestuurder, dr. Dean OâNeill, waai sterk wind takke, padtekens en dakmateriaal rond.
Talle bome en takke het ook oor paaie geval en motoriste is aangeraai om spoed te verminder en waaksaam te wees.
Skole in die Overstrand-gebied bly voorlopig oop, hoewel verskeie skole in en om Kaapstad weens die stormweer gesluit is. Beaumont Primary School in Somerset-Wes is onder die skole wat erg deur die gure toestande geraak is.
Wydverspreide kragonderbrekings is ook in die Overberg aangemeld. Volgens die munisipaliteit vermoed Eskom dat een van die hoofkragkabels beskadig is, nadat verskeie 66 kV-brekers uitgeskop het.
Verkeersligte in groot dele van die gebied is buite werking weens die kragonderbrekings en motoriste word versoek om kruisings as vierrigtingstoppe te gebruik.
Alle staproetes in die Fernkloof-, Rooiels- en Kleinmond-natuurreservate, insluitend Jeans Hill en Fairy Glen, is tot verdere kennisgewing gesluit.
Gemeenskapsale in Bettysbaai, Gansbaai en Zwelihle is intussen oopgestel vir inwoners wat skuiling benodig.
Owerhede waarsku inwoners om veilig te bly en onnodige reis te vermy, totdat weerstoestande verbeter.
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.