Bokke aan die brand in Baltimore
Ai, maar dit is lekker om ʼn Suid-Afrikaanse rugbyondersteuner te wees!
Die Springbokke het baie vroeg Sondagoggend (dit is nou SA tyd) die All Blacks oortuigend met 43 – 28 geklop om die Greatest Rivalry-reeks met 3 – 1 te beklink.
Rassie Erasmus se troepe was aan die brand in Baltimore: Hulle het ses drieë gedruk, die All Blacks pimpel en pers geduik en ongetwyfeld die groot oomblikke van die wedstryd gewen.
Die Suid-Afrikaners was nie bang om met die bal te hardloop nie – hulle aanvallende spel het met rasse skrede in die afgelope twee toetse verbeter en die Kiwi’s moes bontstaan om hulle in toom te hou.
Die Springbokke het die balbesit- en veldgebiedstatistieke in die openingsalvo’s oorheers, maar dit was die All Blacks wat die eerste drie gedruk het toe kaptein Codie Taylor sy span se seepgladde hanteerwerk afgerond het.
Die Wêreldkampioenspan het egter fisieke en direkte rugby gespeel en die skitterende Damian de Allende en Morné van den Berg het later met goeie drieë teruggeslaan.
Doogz gets the first for the Boks ????????????
It's a try apiece at the MT&T Bank Stadium ????
???? Stream #RugbysGreatestRivalry on DStv: https://t.co/0P0NNhnwKw pic.twitter.com/TzQGgNAULG
— SuperSport Rugby (@SSRugby) September 12, 2026
Tussendeur die aksie was daar ʼn langerige oponthoud toe skeidsregter Karl Dickson se kommunikasie-toestel die gees gegee het. Toe spel uiteindelik weer hervat is, het al twee spanne teen dieselfde flinke pas voortgespeel; maar dit was die Bokke wat ʼn rustydvoorsprong van 17 – 14 geniet het.
Malcolm Marx en Pieter-Steph du Toit het goeie drieë in die tweede helfte gedruk om die Suid-Afrikaners se voorsprong te rek, maar ʼn mens kan mos nie bekostig om die All Blacks net skrams teen die kakebeen te tref nie; jy moet daardie uitklophou met mening plant.
Die Bokke het skielik met hul lynstaanwerk gesukkel en die Kiwi’s het begin momentum bou.
Gelukkig was Cameron Hanekom se têkkeltydsberekening perfek toe hy vir Josh Moorby platgetrek het. Die bal het uit die Nieu-Seelander se hande gebons en Kurt-Lee Arendse het met een van sy kul-jou-hier-en-kul-jou-daar-lopies ʼn pragdrie gedruk.
Die boorling van die Paarl het nie veel van die bal gesien nie, maar wanneer hy dit wél in die hande gekry het dan het hy uitgehaal en gewys.
Finish and KLA ????âš¡
Arendse's acceleration turns the tide in South Africa's favour ????????????#SSRugby | #RugbysGreatestRivalry pic.twitter.com/1Kvo6x0uAD
— SuperSport Rugby (@SSRugby) September 12, 2026
Die Suid-Afrikaners het inderdaad ʼn barshou gespeel en sterre soos De Allende, Van den Berg, Damian Willemse en Jasper Wiese verdien ʼn reuseklop op die skouer.
Rugby in die VSA? Ja man; dit is beslis taaier en meer aanskoulik as hul voetbôl.
Veral as die Bokke ʼn draai kom maak.
- Puntemakers:
Springbokke: Drieë: Damian de Allende, Morné van den Berg, Malcolm Marx, Pieter-Steph du Toit, Kurt-Lee Arendse en Cameron Hanekom. Doelskoppe: Sacha Feinberg-Mngomezulu (2), Manie Libbok (2) en Morné van den Berg. Strafskop: Feinberg-Mngomezulu.
All Blacks: Drieë: Codie Taylor, Will Jordan, Eathan Blackadder en Beauden Barrett. Doelskoppe: Damian McKenzie (4).
The Springboks add to their growing trophy cabinet ????????????
The #RugbysGreatestRivalry trophy is headed to South Africa ????#RugbysGreatestRivalry | #SSRugby pic.twitter.com/Jn6zcvOfhg
— SuperSport Rugby (@SSRugby) September 12, 2026
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.