Verdagte in aktivis-moord glo ook met moord op Mahikeng
Genl.maj. (dr.) Ryno Naidoo, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het ’n groot deurbraak aangekondig in die moordondersoek na Thato Molosankwe ná die inhegtenisneming van twee verdagtes.
Molosankwe, ʼn 48-jarige tradisionele geneser en boorling van Mahikeng, is vroeg die oggend van 20 Mei aangeval en verskeie kere in sy huis in die Lomanyaneng-nedersetting in Mahikeng geskiet. Hy was veral bekend vir sy gemeenskapswerk en die rol wat hy gespeel het om die polisie by te staan om misdaad en korrupsie te beveg.
Volgens Naidoo is Molosankwe se familie vooraf ingelig oor die deurbraak.
ʼn Tweede verdagte is ook nou agter tralies. Die eerste verdagte is reeds op Saterdag 23 Mei – drie dae ná die moord – in hegtenis geneem. Volgens Naidoo word dié verdagte ook ondersoek weens sy beweerde aandeel in die moorde op die bekende Mahikeng-sake-egpaar Sergio en Marlene Gomes.
Maroela Media het vroeër berig die Gomes-egpaar, eienaars van die Totobola-slaghuis, is doodgeskiet nadat hulle hul seun te hulp gesnel het. Die egpaar het verneem hul seun was die slagoffer van ʼn rooftog en wou gaan help.
Lees ook: Mahikeng-egpaar dood toe hulle seun wou help
Volgens Naidoo is dié verdagte sedertdien in aanhouding en hy word nou direk met die moord op Molosankwe verbind.
Speurders het die tweede verdagte Vrydag in ʼn woonstel in Mmabatho-uitbreiding 39 opgespoor en in hegtenis geneem. Volgens die polisie dui die getuienis daarop dat albei verdagtes deel was van die groep wat die aanval op Molosankwe uitgevoer het.
Hoewel die inhegtenisnemings ’n belangrike deurbraak is, is die ondersoek nog lank nie verby nie. Die polisie soek steeds na die moordwapens asook die voertuig waarin die verdagtes gevlug het, het Naidoo bevestig. Die ondersoekers het reeds die voertuig se ligging vasgestel en gaan daarop beslag lê.
Daar is ook inligting wat daarop dui dat die verdagtes deel is van ’n groter misdaadsindikaat wat verbind word met verskeie ernstige en geweldsmisdade in Mahikeng en die omliggende gebiede, waaronder moord, sakeroof en onwettige dwelmhandel.
Die motief vir die moord op Molosankwe is nog nie vasgestel nie. Ondersoekers kan egter nie uitsluit dat sy aktivisme teen misdaad en ongeregtigheid moontlik ʼn rol gespeel het nie.
Naidoo het die multidissiplinêre span geloof vir hul harde werk en samewerking. Hy het ook ’n ernstige waarskuwing aan misdadigers in die provinsie gerig: “Dit maak nie saak hoe lank dit neem of hoe fyn misdade beplan word nie, ons ondersoekers sal elke leidraad opvolg. Julle mag dalk tydelik wegkom, maar die gereg sal julle inhaal.”
Nice werk deur die speurders.
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content — general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached — you'll always get the same 5 for this article.