Trump sĂȘ Iran sal âuitgewisâ word as sluipmoordbewerings realiseer
Pres. Donald Trump het gesĂȘ die VSA sal Iran âheeltemal vernietigâ as hulle probeer of daarin slaag om die sittende president te vermoor.
âân Duisend missiele is gereed, gelaai en gemik op die Islamitiese Republiek van Iran, met duisende meer wat onmiddellik sal volg, indien die Iranse regering sy dreigement uitvoer om die sittende president van die VSA te vermoor, of te probeer vermoor,â het Trump op sy sosialemediaplatform Truth Social geskryf.
âBevele is reeds gegee, en die Amerikaanse weermag is gereed, gewillig en in staat om vir Ć tydperk van een jaar, onderhewig aan verlenging, alle gebiede van Iran heeltemal af te maai en te vernietig,â het hy gesĂȘ.
Lees ook: Nuwe plan om Trump te vermoor; nog aanvalle in Gazastrook
Iran het egter Saterdag volgehou dat hy by âsy woord gehou hetâ rakende die skietstilstand met VSA, nadat Trump daarop aangedring het dat die skietstilstand verby is, maar dat hy ingestem het tot verdere onderhandelinge met Iran.
Alhoewel daar sedert verlede maand geen direkte gesprekke tussen Iran en die VSA was nie, het Iranse media berig dat Ć afvaardiging van Katar in Teheran is.
âDie Islamitiese Republiek van Iran het ons gevra om voort te gaan met âgesprekkeâ. Ons het ingestem om dit te doen, maar die VSA het hulle onomwonde meegedeel dat die skietstilstand verby is,â het Trump gesĂȘ.
Abbas Araghchi, Iranse minister van buitelandse sake, het Saterdag teruggekap en daarop aangedring dat Teheran âtot dusver by sy woord gehou het, anders as die sogenaamde Amerikaanse tesourie-sekretaris wat paragraaf nege van die memorandum van verstandhouding oortree hetâ.
DiĂ© paragraaf verwys na Iran wat âdie huidige status quo van sy kernprogram sal handhaafâ en dat die VSA âgeen nuwe sanksies sal oplĂȘ en bykomende magte in die streek sal ontplooi nieâ, hangende Ć finale ooreenkoms.
âDaardie oortreding volg op ander oortredings en foute deur die VSA,â het Araghchi bygevoeg.
Die VSA het Iran glo net tot Saterdag gegee het om aanvalle op kommersiële skepe in die Straat van Hormoes te staak en te bevestig dat die seestraat oop is.
Iran dring daarop aan dat hy die Straat van Hormoes, wat Iranse en Omaanse territoriale waters insluit, moet beheer en het gesĂȘ hy wil fooie hef vir skepe wat daardeur beweeg.
Hoewel die seestraat Omaanse en Iranse territoriale waters insluit, kan die twee kragtens internasionale reg oor die algemeen nie deurgang blokkeer of tolgeld hef nie.
Die VSA het die afgelope week uitgebreide aanvalle op Iran van stapel gestuur nĂĄ aanvalle op skepe in die seestraat, wat Ć vlaag van vergelding teen Amerikaanse basisse in die Golf veroorsaak het.
Die Amerikaanse tesourie-departement het ook Ć tydelike sanksievrystelling vir Iranse olie herroep en Ć lisensie gekanselleer wat in Junie aangekondig is, waarvolgens Iran toegelaat is om ru-olie en verwante produkte tot 21 Augustus te produseer, te verkoop en af te lewer.
Araghchi sal Saterdag na Oman reis vir gesprekke oor die seestraat, het die amptelike IRNA-nuusagentskap gesĂȘ.
How it works
Once you click Generate, Ollama reads this article and crafts 5 comprehension questions. Your answers are graded against the article content â general knowledge won't be enough. Score 70+ to count toward your certificate.
Questions are cached â you'll always get the same 5 for this article.